VANDERBIJLPARK – Beeldskoon én slim! Wanneer die Vaaldriehoeker Jeanè van Dam nie skoonheidstitels najaag nie, maak sy haar merk in die regswêreld.
Dié talentvolle prokureur, wat in 2021 onder die top vyf by Miss Grand International geëindig het, is nou ’n finalis vir Miss Supranational South Africa 2027. Jeanè, wat in Vanderbijlpark gebore en getoë is, het in Australië regte studeer en is in Junie 2025 in die Supreme Court of Queensland as prokureur toegelaat.
Sy woon tans saam met haar verloofde, Corbin Bosch, in Pretoria. Die finaliste het op 12 November tydens ’n amptelike seremonie hul finalis-sash ontvang. Sy hoop om Suid-Afrika in Junie volgende jaar by die internasionale kompetisie in Pole te verteenwoordig.
“Dit sal vir my ’n ongelooflike voorreg wees om Suid-Afrika weer internasionaal te verteenwoordig, maar hierdie keer sal dit op ’n ander manier spesiaal wees.

Ek is ouer, ek ken myself beter en ek verstaan baie meer van wat dit werklik beteken om jou land se naam oor jou bors te dra.” Hoewel sy tans in die Jakarandastad woon, bly haar bande met die Vaaldriehoek sterk. Haar ouers bly immers nog hier. “
Die Vaal sal egter altyd vir my huis wees en ’n groot deel vorm van wie ek vandag is.” Jeanè sê haar deelname aan Miss Grand International in 2021, waar sy die eerste Suid-Afrikaner geword het wat die top vyf gehaal het, het haar geleer wat dit verg om internasionaal mee te ding.
“Mense sien dikwels die kroon, die mooi rokke en die verhoog, maar hulle sien nie altyd die laat aande, die trane, die blase op jou voete en die emosionele druk wat met so ’n kompetisie gepaardgaan nie.”
Sy berei haar reeds voor asof sy aan die internasionale kompetisie gaan deelneem. Sy ontvang weekliks onderhoudsopleiding en loopplankafrigting by Natasha Menino Costa van ACE Models Vanderbijlpark. Geestesgesondheid is ook ’n belangrike deel van haar voorbereiding.
“Vir my gaan dit dus daaroor om so seker te wees van wie ek is en wat ek na die kompetisie bring, dat ek nie nodig het om myself met iemand anders te vergelyk om my eie waarde raak te sien nie.” Jeanè is ook betrokke by die Our Bridge Foundation, wat reeds agt jaar lank gemeenskapswerk in die Vaaldriehoek doen.
Volgens haar het die organisasie oor dié tyd duisende mense op verskillende maniere gehelp.
“Ons glo sterk dat liefdadigheid by die huis begin, en daarom fokus ons daarop om ’n werklike verskil in ons eie gemeenskap, die Vaaldriehoek, te maak.”
Sy bedank haar ouers, Jenny en Anton van Dam, haar broer Anton, haar verloofde en haar ondersteuningspan vir hul bydrae tot haar sukses. Haar boodskap aa
