News

Paspoorte en Slim-ID-kaarte: Goeie nuus vir Valies

Die diens word verwelkom want vanaf 31 Maart 2028 sal die groen ID-boekies nie meer geldig wees nie.

VANDERBIJLPARK – Suid-Afrikaners kan nou by 480 deelnemende Absa- en Capitec-takke landswyd aansoek doen om ’n paspoort, of hul ou groen ID-boekie met ’n slim-ID-kaart te vervang.

Die uitbreiding sluit 68 Absa- en 412 Capitec-takke in, wat die totale aantal plekke waar paspoortaansoeke gedoen kan word, op 708 te staan bring.

Die goeie nuus vir Vaaldriehoekers is dat Absa Vaal Mall, ook een van die nuwe takke is wat die diens nou aanbied.

Behalwe vir Absa Vaal Mall, bied Capitec Vaal Mall en Capitec Vaagate ook die diens.

Die diens vorm deel van die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, se inisiatief vir digitale transformasie.

“Deur paspoortaansoeke by ons digitale vennootskap in te sluit, het ons nog ’n reusesprong geneem na ’n toekoms waar Suid-Afrikaners nooit weer in ’n Binnelandse Sake-ry hoef te staan vir ’n ID of paspoort nie.”

Uitfasering van groen ID-boekie

Vanaf 31 Maart sal die departement ophou om groen ID-boekies te vervaardig, en vanaf 31 Maart 2028 sal dit nie meer geldig wees nie.

Suid-Afrikaners kan hul naaste deelnemende banktak op die Departement van Binnelandse Sake se aanlyn portaal vind.

Department of Home Affairs online portal. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button