Dit is ’n instelling en tradisie by Laerskool Emfulenipark: Wanneer die hoof verjaar, word daar behoorlik baljaar!

Vrydag 20 November was geen uitsondering nie. Benewens glybane, ’n dunk-tenk en opblaashindernisse het Nacho Libre, beter bekend as señor Frans van Kradenburg, met sy manewales die kollig gesteel.
Maar as jy die verjaarsdagmaatjie is, mag jy seker maak wat jy wil!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
