News

Vaal Pride se kampnaweek gekanselleer

Die span het ondersteuners vir hul steun oor die afgelope agt jaar bedank en gesê hulle hersien hul toekomsplanne.

VANDERBIJLPARK – Vaal Pride By The River het sy Camp By The River-naweek, wat van 27 tot 29 November by die karavaanpark in Frikkie Meyer-boulevard, naby Emerald Resort & Casino, sou plaasvind, gekanselleer.

Die jaareindbyeenkoms is as ’n kampnaweek met ’n kampvuur, lewendige musiek en speletjies bemark.

In ’n brief gedateer 17 November het die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) die organiseerders ingelig dat ’n ander groep reeds die park vir 27 November bespreek het. Die terrein sou daarom nie vir die geleentheid beskikbaar wees nie.

Die brief lui ook dat die departement nie tariewe wat deur die raad goedgekeur is, kan kwytskeld nie. Enige versoek om kwytskelding moet deur die raad oorweeg word.

Die organiseerders het mense wat reeds bespreek en betaal het, om verskoning gevra. Kampeerders word versoek om die span met hul bewys van betaling en bankbesonderhede te kontak om terugbetalings te reël.

Volgens die organiseerders sal alle terugbetalings teen Vrydag 27 November verwerk wees.

Die span het ondersteuners vir hul steun oor die afgelope agt jaar bedank en gesê hulle hersien hul toekomsplanne.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button