News

Sasolburg se paaie geraak deur Natref se noodoefening vandag

Inwoners word bloot versoek om kalm te bly en nie onnodige paniek te veroorsaak wanneer die sirene loei nie.

SASOLBURG – Inwoners van Sasolburg en omliggende gebiede word versoek om nie paniekerig te raak wanneer Natref se fabrieksirene vandag omstreeks 14:00 loei nie.

Natref gaan ’n beplande vlak 3-noodoefening hou om sy noodreaksiestelsels te toets en te verbeter.

Hoewel die sirene niksvermoedende inwoners onkant kan betrap, het die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit die gemeenskap verseker dat daar geen werklike noodsituasie is nie.

Die oefening sal verkeer in sowel Carl Bosch- as Jan Haakweg in die omgewing van die Natref-aanleg beïnvloed.

Motoriste en voetgangers word versoek om versigtig te wees en hul samewerking te gee aan verkeersbeamptes wat tydens die oefening in dié gebiede ontplooi sal word.

Die munisipaliteit het bevestig dat lede van die publiek nie aan die oefening hoef deel te neem nie.

Inwoners word bloot versoek om kalm te bly en nie onnodige paniek te veroorsaak wanneer die sirene loei nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button