SportSport

LS Risiville spog met kranige rugby- en netbalspelers

VEREENIGING. – Laerskool Risiville se rugby- en netbalspanne het tydens die Super 8 toernooi behoorlik uitgeblink. Dié skool het algeheel tweede geëindig in die toernooi. Dit is veral die 0/9 rugby- en netbalspelers wat gewys het hulle het senuwees van staal en uithouvermoë soos min. Beide die spanne het hul teenstanders tydens die toernooi uitoorlê …

LS Risiville spog met kranige rugby- en netbalspelers
Laerskool Risiville se o/9-netbalspan is voor: Yolandi Nel, Janke Schutte en Chamone Erasmus. Agter: Robyn Booyens (afrigter), Lea Bresler, Sizelle van Wyk, Amore Engelbrecht, Marli Dimond, Clasina Bothe (afrigter), Kayla Caricato en Arnel Raath.

VEREENIGING. – Laerskool Risiville se rugby- en netbalspanne het tydens die Super 8 toernooi behoorlik uitgeblink.

Dié skool het algeheel tweede geëindig in die toernooi. Dit is veral die 0/9 rugby- en netbalspelers wat gewys het hulle het senuwees van staal en uithouvermoë soos min. Beide die spanne het hul teenstanders tydens die toernooi uitoorlê en is as wenners van die toernooi gekroon.

Skole wat aan die toernooi deelgeneem het is onder meer Laerskool Lichtenburg, Laerskool Standerton, Laerskool La Hoff, Laerskool Goudkop, Kroonheuwel, Volkskool Heidelberg en Laerskool Emfulenipark. Ouers en onderwysers is sommer baie trots op dié uitmuntende rugby- en netbalspelers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button