SportSport

Sexy Paula gaan SA’s toe

VANDERBIJLPARK. – Die Groenoog Monster is altyd in die omtrek, maak nie saak waar die beeldskone 20-jarige Paula Els haarself bevind nie. Dít is weer tydens die pasafgelope BBSA Sedibeng Liggaamsbou- en Fiksheid Kampioenskap in Vanderbijlpark onderstreep toe sy gekies is om Sedibeng by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap te verteenwoordig. Die SA’s vind van 4 tot …

VANDERBIJLPARK. – Die Groenoog Monster is altyd in die omtrek, maak nie saak waar die beeldskone 20-jarige Paula Els haarself bevind nie.
Dít is weer tydens die pasafgelope BBSA Sedibeng Liggaamsbou- en Fiksheid Kampioenskap in Vanderbijlpark onderstreep toe sy gekies is om Sedibeng by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap te verteenwoordig. Die SA’s vind van 4 tot 6 September in Sandton plaas.
Haar natuurlike skoonheid, sprankelende persoonlikheid en fikse voorkoms het haar loshande die Student- en Ladies Beach Bikini-titels laat inpalm. Dit is dus geen verrassing dat die aantreklike tweedejaar student in B.Com. Bemarking aan die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus (NWU Vaal) gereeld die objek van begeerte en jaloesie is nie.
Vaalweekblad het verlede Woensdagmiddag bietjie agter die skerms gaan inloer.
“Ek is lief vir die verhoog en dans sedert ek ses jaar oud is. Ek is geseënd met ‘n natuurlike fikse voorkoms, so ek kan lekker kul met my dieet. Ek probeer gesond eet en volg ’n eetplan, maar dit gaan soms moeilik. Ek is baie lief vir Coke en pizza,” sê sy met ’n breë glimlag.
“Ek glo as mens reg voorberei, sal jy gemaklik op die verhoog voel. Die beoordelaars kyk na die deelnemer in sy geheel. Jou persoonlikheid, sonbrand, grimering en liggaamlike voorkoms word as ’n eenheid beoordeel. Dit is vir my ’n baie opbouende sport en ek geniet dit vreeslik,” sê sy.
Die meeste sterflinge sal hulle voortande gee om slegs 10% liggaamsvet rond te dra, maar dit verg harde werk en laat ’n mens se beursie ook kreun.
“Ek oefen vyf dae ’n week een maal per dag. Ek doen glad nie kardio nie. Ek doen baie repetisies met ligte gewigte,” gee sy te kenne. Dié laatlammetjie van Allie (57) en Amanda Els (52) kom uit ’n familie waar sporttalente volop is. Haar oudste broer Christiaan Els (33), is ’n voormalige SA onder 21-senter en was lid van die 2002 Wêreldbekerkampioenspan.
Maar waar het dit alles begin? “Rudie Fourie het my vroeër vanjaar op Facebook genader om te hoor of ek wil deelneem. Die Sedibeng Kampioenskap was my tweede byeenkoms. Ek het op 1 Augustus aan my eerste byeenkoms, die Boksburg Classic deelgeneem en gewen,” sê sy trots.
Wat haar oefen-regime betref, is daar ’n fyn lyn wat gehandhaaf moet word.
“Ek wil nie te veel spierbou of te veel liggaamsvet verloor nie, want dan moet ek in die fitness-afdeling deelneem. Ek wil vroulik en natuurlik lyk,” vertel sy.
“Ek kry baie ondersteuning van my kêrel Arno en my familie. Ek kan altyd op my ma se eerlike opinie staatmaak. Ek is baie familie- en huisgebonde, daarom geniet ek dit om plaaslik te studeer,” sê Paula.

Die 20-jarige Paula Els is in haar element wanneer sy in die gimnasium is.
Die 20-jarige Paula Els is in haar element wanneer sy in die gimnasium is.
Die pragtige Paula Els van Vanderbijlpark spog met ’n bikinilyf waarvoor menige hulle voortande sal gee. Sy gaan Sedibeng in September by die Suid-Afrikaanse Liggaamsbou Kampioenskap verteenwoordig. Volledige berig en nog foto’s op Bl. 30. Foto: Ettienne van Rensburg
Die pragtige Paula Els van Vanderbijlpark spog met ’n bikinilyf waarvoor menige hulle voortande sal gee. Sy gaan Sedibeng in September by die Suid-Afrikaanse Liggaamsbou Kampioenskap verteenwoordig. Volledige berig en nog foto’s op Bl. 30.
Foto: Ettienne van Rensburg

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button