Photo GalleriesSportSportSport

Sportlui vir hul prestasies vereer

VEREENIGING. – Die Vereeniging Sportklub het Saterdagaand 5 Oktober sy top sportlui in verskeie sportsoorte tydens ’n prysuitdelingsfunksie by Biekiebos, ’n onthaalplek tussen Vereeniging en Meyerton, vereer. Dié klub is ’n oorhoofse sportklub wat op 29 Junie 1979 gestig is en vandag uit verskeie onderlinge sportklubs soos die Vereeniging Hokkieklub, Vereeniging Ringbalklub, Vereeniging Krieketklub en die Vaal Atletiekklub bestaan. Die klub het volgens Joe Viljoen, president van …

VEREENIGING. – Die Vereeniging Sportklub het Saterdagaand 5 Oktober sy top sportlui in verskeie sportsoorte tydens ’n prysuitdelingsfunksie by Biekiebos, ’n onthaalplek tussen Vereeniging en Meyerton, vereer.
Dié klub is ’n oorhoofse sportklub wat op 29 Junie 1979 gestig is en vandag uit verskeie onderlinge sportklubs soos die Vereeniging Hokkieklub, Vereeniging Ringbalklub, Vereeniging Krieketklub en die Vaal Atletiekklub bestaan. Die klub het volgens Joe Viljoen, president van Vereeniging Sportklub, oor die jare heen talle sportlui en altesaam 186 provinsiale krieketspelers en 64 Suid-Afrikaanse krieketspelers opgelewer, (van wie die beroemde Morkel-broers, Albie en Morné en Tertius Bosch waarskynlik van die bekendstes is).
Dit was op 5 Oktober ook die eerste keer wat al die subseksies waaruit die Vereeniging Sportklub bestaan ’n gesamentlike prysuitdelingsfunksie onder een dak vir al die verskillende sportsoorte gehou het.
Vaalweekblad het die geleentheid bygewoon. Hier is maar ’n paar van die toppresteerders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button