SportSport

Valies stroom na gedenktoernooi

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Twee dinge het Saterdagaand tydens die Dries Botes Gedenkbokstoernooi duidelik na vore getree. Die vernaamste is die impak wat dié ontslape bokslegende op die Vaaldriehoek gemaak het. Tweedens is die Vaaldriehoek honger vir boks. Daarvan getuig die 800 kaartjies wat vir die toernooi verkoop is. Sowat 13 gevegte het op …

Ettienne van Rensburg

VANDERBIJLPARK. – Twee dinge het Saterdagaand tydens die Dries Botes Gedenkbokstoernooi duidelik na vore getree. Die vernaamste is die impak wat dié ontslape bokslegende op die Vaaldriehoek gemaak het. Tweedens is die Vaaldriehoek honger vir boks. Daarvan getuig die 800 kaartjies wat vir die toernooi verkoop is.
Sowat 13 gevegte het op die aand by Impact Boxing Fitness Gym plaasgevind en die toeskouers het beslis waarde vir hulle geld gekry.
White Collar-toernooie soos hierdie gee boksers van verskillende vaardigheidsvlakke die geleentheid om teen mekaar in drie rondtes kragte te meet.
Die eerste hoofgeveg van die aand het tussen liggewigte Assie van Aswegen en Dave van Tonder plaasgevind, waarna die hoofgeveg tussen die swaargewigte Soon Botes en Bevan Beckman aan die beurt was.
Albei gevegte het gehalte boks opgelewer en selfs na meer as 20 jaar se afwesigheid in die kryt het Assie en Soon hulle teenstanders harde bene laat kou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button