SportSport
Boogskiet – die veiliger alternatief
VANDERBIJLPARK. – Met skolesport wat eers aanstaande jaar weer toegelaat sal word en kontaksport wat nuwe uitdagings bied kan boogskiet ‘n welkome alternatief bied om kinders aktief te hou. Vaalweekblad het bietjie by die Laerskool Emfulinpark, die mekka van junior boogskiet in die Vaaldriehoek, gaan inloer. Sosiale afstand is geen probleem in dié sport nie …
VANDERBIJLPARK. – Met skolesport wat eers aanstaande jaar weer toegelaat sal word en kontaksport wat nuwe uitdagings bied kan boogskiet ‘n welkome alternatief bied om kinders aktief te hou. Vaalweekblad het bietjie by die Laerskool Emfulinpark, die mekka van junior boogskiet in die Vaaldriehoek, gaan inloer.
Sosiale afstand is geen probleem in dié sport nie en onder die wakende oog van SA-skut Jeanine van Kradenburg blom die jong skuts behoorlik. Oefeninge vind Maandae tot Woensdae van 14:30 tot 16:15 plaas. Diegene wat belangstel om boogskiet as ‘n sport te neem kontak Jeanine by 074 965 0552.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
