SportSport

Tonners vereer krieketysters

MEYERTON. - Die Meyerton Krieketklub het Saterdag sy 50ste prysuitdelingsfunksie in styl gevier.

Die funksie wat by die Meyerton Gholfklub aangebied is, was kort en kragtig, maar het met ‘n uitgelese groep name gespog.
Dit het onder meer mnr. Solly Modise van die Midvaal Stadsraad en Earl Glenistor, adjunkpresident van die Gauteng Krieketraad, ingesluit.
Die Tonners se 50ste bestaansjaar is onvergeetlik gemaak deurdat sy eerste en tweede span die plaaslike liga gewen het.
Die klub se kaptein, die immergroen Marcel Engelbrecht het vanjaar weer met voorbeeld gelei. Hy is as die Waardevolste- en Speler van die Jaar aangewys. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat hy as die Speler van die Jaar gekroon word.

Marcel Engelbrecht (links), kaptein van die Meyerton Krieketklub se eerstespan, is Saterdag in Meyerton as die Waardevolste- en Speler van die Jaar aangewys. Sy span het ook die liga gewen. Foto’s: Hennie Coetzee

Pierre Kok, voorsitter van die Meyerton Krieketklub, wat reeds vir 41 jaar in verskeie hoedanighede as speler en administrateur by die klub betrokke is, het ‘n pragtige raam met Allan Donald memorabilia vir sy toewyding tot die klub ontvang.
Die ander spelers en oudspelers wat toekennings vir langtermyndiens ontvang het, is: Paul Hirschfeld (16 jaar), Alex Kok (17), Francois Penning (17), Buffie van Heerden (18), JP Kok (18), Qassim Saloojee (21), Morne Kok (25) en Jianni Kok (26).

Diaan Thomas is as Belowendste Speler aangewys. Sy pa Ettienne het die toekenning aan hom oorhandig.

Ander toekennings: Driekuns: Bennie Ferreira. Vyf paaltjies: Buffie van Heerden. Belowendste Speler: Diaan Thomas. Klubman van die Jaar: Vaughn Taylor. Tweedespan Kolwer van die Jaar: Phillip van Eck. Tweedespan Bouler van die Jaar: Mike Kearney. Tweedespan Veelsydigste Speler: Camron Cockring.
Waardevolste Speler van die Jaar: Marcel Engelbrecht. Eerstespan Kolwer van die Jaar: Pieter Ferreira. Eerstespan Bouler van die Jaar: Buffie van Heerden en Speler van die Jaar: Marcel Engelbrecht.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button