SportSport

Oefenwedstryde gesoek voordat seisoen afskop

SASOLBURG. – Die HTS Sasolburg nooi skole uit om op 23 en 24 April aan ‘n rugbykliniek deel te neem.  Met die uitdagings wat Covid-19 gebring het, is dit uiters moeilik om voor die liga begin vriendskaplike wedstryde te speel. Daarom het die Spanners dit goed gedink om ‘n rugbykliniek te reël. Die beplanning is …

SASOLBURG. – Die HTS Sasolburg nooi skole uit om op 23 en 24 April aan ‘n rugbykliniek deel te neem.  Met die uitdagings wat Covid-19 gebring het, is dit uiters moeilik om voor die liga begin vriendskaplike wedstryde te speel.
Daarom het die Spanners dit goed gedink om ‘n rugbykliniek te reël. Die beplanning is om gedurende die twee dae twee wedstryde te speel en soos die Varsitybeker sal die wedstryde in vier gedeel word. In die eerste en tweede helfte word die wedstryd na 20 minute gestop sodat die afrigters ‘n strategiebreek met die spelers kan hê.
Die idee is juis om die kinders in ‘n korter tyd wedstrydgereed te kry. Ongelukkig gaan net o.16 en senior spanne  geakkomodeer word. Die koste vir die kliniek is R400 per speler. Dit sluit in: verblyf, vier etes, noodhulp en skeidsregters. Vir verdere navrae kontak  vir Stefan Geldenhuys by 072 403 2526.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button