SportSport

Twyfel bestaan steeds of jeugweke voortgaan

VANDERBIJLPARK. – Daar is groeiende kommer in skolerugbykringe dat die nasionale jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dié weke is geskeduleer om gedurende die Oktober-skoolvakansie plaas te vind. Die Cravenweek is veronderstel om by die Hoërskool Monument plaas te vind, terwyl die Grant Khomoweek in ‘n kustelike en binnelandse toernooi opgedeel word. Die Valke Hoërskole-rugbyvereniging …

VANDERBIJLPARK. – Daar is groeiende kommer in skolerugbykringe dat die nasionale jeugweke nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dié weke is geskeduleer om gedurende die Oktober-skoolvakansie plaas te vind. Die Cravenweek is veronderstel om by die Hoërskool Monument plaas te vind, terwyl die Grant Khomoweek in ‘n kustelike en binnelandse toernooi opgedeel word.

Die Valke Hoërskole-rugbyvereniging is die gasheer van die binnelandse toernooi wat by die Volkskool Heidelberg aangebied word. Die Doom Gouws-week word ook by Volkies aangebied. Na wat verneem word is die Boland en Sharks se proewe glo vroeër vandag gekanselleer. Dit versterk die vermoede dat die departement van onderwys gaan voortgaan om die Oktober-skoolvakansie te kanselleer. Verskeie ander toernooie sal dan ook in die slag bly.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button