SportSport

Marli lei Valia se aanslag by Top 30

VANDERBIJLPARK. – Die evageslag van die die Hoërskool Transvalia se atletiekspan het tydens die pasafgelope Top 30 byeenkoms in Potchefstroom hul staal gewys. Transvalia het die B-afdeling met 28 155 punte gewen gevolg deur die Anker met 28 060 punte. Valia se dogters het hul afdeling met 15 496 punte gewen en die seunsspan het …

VANDERBIJLPARK. – Die evageslag van die die Hoërskool Transvalia se atletiekspan het tydens die pasafgelope Top 30 byeenkoms in Potchefstroom hul staal gewys.
Transvalia het die B-afdeling met 28 155 punte gewen gevolg deur die Anker met 28 060 punte. Valia se dogters het hul afdeling met 15 496 punte gewen en die seunsspan het 12 659 punte tot die somtotaal bygedra. In die gewigstoot vir seuns o.14 het Brandon Mathews met ‘n afstand van 16.39m 906 tabelpunte en ‘n bronsmedalje verdien.
Marli Dimond het Valia se aanslag gelei. Sy het onderskeidelik in die 800m (2:22.52; 965 punte) en 400m (0:57.24; 923 punte) vir dogters o.15 eerste en tweede geeindig.
In die hamergooi vir dogters o.14 het Jaylin van Dyk met ‘n afstand van 39.02m die item loshande gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button