Bobaas Barend wen 6 uit 6
MEYERTON. – Die 11-jarige Barend van As en sy hings Pippen, het vanjaar gewys dat hulle ‘n skouspring-kombinasie van formaat is. Die skouspringseisoen het in Februarie met die eerste van drie kwalifiserende streeksrondtes afgeskop. Barend, ‘n leerling aan die Laerskool Midvaal in Meyerton, het aan twee skouspring-items in die Sedibeng-streek deelgeneem en ses uit ses …

MEYERTON. – Die 11-jarige Barend van As en sy hings Pippen, het vanjaar gewys dat hulle ‘n skouspring-kombinasie van formaat is.
Die skouspringseisoen het in Februarie met die eerste van drie kwalifiserende streeksrondtes afgeskop. Barend, ‘n leerling aan die Laerskool Midvaal in Meyerton, het aan twee skouspring-items in die Sedibeng-streek deelgeneem en ses uit ses van sy kwalifiserende klasse gewen en sodoende vir die Sedibeng A-span in dié items gekwalifiseer. By die Gauteng Kampioenskap wen hy goud in albei klasse. Daar was tussen 34 en 37 deelnemers in elke klas. As die top kwalifiseerder in Gauteng word hy gekies om Gauteng by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap te verteenwoordig. Hy het onderskeidelik met ‘n goue- en bronsmedalje (vlak drie kompetisie en twee-fase kompetisie) by die SA’s weggestap ondanks strawwe mededinging van meer as 40 deelnemers. Sy afrigter, Ingrid Webber voorspel groot dinge vir die 2022-seisoen.


