SportSport

Vaal se Ruben verpletter SA-rekord

VANDERBIJLPARK. – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se sending na Atletiek Suid-Afrika se Sub Jeug Interprovinsiale byeenkoms in Germiston was ‘n reuse-sukes. Dié byeenkoms het Saterdag 27 November op die Germiston-stadion plaasgevind en die Valies het die medaljes ingeryg. Die kollig is deur die Vaal se naelloopblits, Ruben Kruger, gesteel wat ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die …

VANDERBIJLPARK. – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se sending na Atletiek Suid-Afrika se Sub Jeug Interprovinsiale byeenkoms in Germiston was ‘n reuse-sukes. Dié byeenkoms het Saterdag 27 November op die Germiston-stadion plaasgevind en die Valies het die medaljes ingeryg. Die kollig is deur die Vaal se naelloopblits, Ruben Kruger, gesteel wat ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die 80m vir s.o/11 in ‘n puik tyd van 9.50s opgestel het.

Die vorige rekord was 10.10s. AVT het in totaal vier goue medaljes (Ruben Kruger (80m s.o/11), Linel Claassens (Hoogspring d.o/13), Taylon van Brenda (200m-hekkies d.o/13 200m-hekkies) en Brandon Mathews (gewigstoot s.o/13) verower. Die AVT-atlete wat silwer- en bronsmedaljes verwerf het, is: Silwer: Taylon van Breda (verspring), Selna van As (800m) en Astrid Fourie (200m). Brons: Atrid Fourie (100m), Miane de Clerq (turbo spiesgooi) en Lynne Heymans (80m).

Brandon Matthews
Ruben Kruger
Taylon van Breda

 

Lynne Heyman
Miane de Clercq
Selna van As

 

Linel Claassens
Astrid Fourie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button