Dokkies doen dit weer
SASOLBURG. – Die Hoërskool Dr. Malan se atletiekspan het Saterdag op die DP de Villiers-stadion ‘n hewige aanslag van Vereeniging Gimnasium afgeweer om as die wenner van die jaarlikse D7-Interhoërskole atletiekyeenkoms gekroon te word. Hoewel die Dokkies uiteindelik vir Gimmies met 140 punte geklop het, het die voortou ‘n paar keer hande geruil en vir …

SASOLBURG. – Die Hoërskool Dr. Malan se atletiekspan het Saterdag op die DP de Villiers-stadion ‘n hewige aanslag van Vereeniging Gimnasium afgeweer om as die wenner van die jaarlikse D7-Interhoërskole atletiekyeenkoms gekroon te word. Hoewel die Dokkies uiteindelik vir Gimmies met 140 punte geklop het, het die voortou ‘n paar keer hande geruil en vir ‘n spannende einde gesorg.
Vir die eerste keer in jare het dié gesogte byeenkoms vanweë Covid-regulasies sonder dirigente plaasgevind. Die bestuur moes kies toeskouers of dirigente. Dié moeilike besluit om toeskouers ten koste van dirigente toe te laat, is ‘n geruimte tyd gelede gemaak toe strenger Covid-regulasies nog van toepassing was. Hoewel die afwesigheid van die kleurryke skouspel op die pawiljoen pynlik tasbaar was, het die atlete met puik prestasies op die baan en veld daarvoor opgemaak.





