Tonners en Ratels wys hul staal
VANDERBIJLPARK. – Die Vereeniging Krieketklub en die Ratels het het Saterdag 26 Februarie goeie oorwinnings in die Sedibeng eersteliga behaal. Die Ratels het Meyerton oortuigend met 8 paaltjies geklop. Myerton het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Die Tonners het 129/8 in 20 beurte aangeteken maar gesukkel om vennootskappe aanmekaar te timmer. Werner …
VANDERBIJLPARK. – Die Vereeniging Krieketklub en die Ratels het het Saterdag 26 Februarie goeie oorwinnings in die Sedibeng eersteliga behaal. Die Ratels het Meyerton oortuigend met 8 paaltjies geklop. Myerton het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Die Tonners het 129/8 in 20 beurte aangeteken maar gesukkel om vennootskappe aanmekaar te timmer. Werner Oelofsen (16) en Pieter Goosen (17*) het dubbelsyfers met die kolf behaal. Adolph Barnard (3/24), Francois Colombo (2/21) en Danie Janse van Vuuren (2/15) het goed geboul.
Die Ratels het daarna 130/2 in 17.2 aangeteken met 8 paaltjies in die bank. Willie Wanneburg (47*) en Drikus JV Vuuren (33*) het voor die penne geskitter. Vir die verloorspan het Buffie van Heerden (1/21) goed geboul.
Vereeniging het in sy kragmeting op die Dick Fourie-stadion teen Vanderbijlpark hard gewerk vir sy oorwinning. Die tuisspan het het 183/5 in sy toegelate 20 beurte aangeteken. Sy kolfaanslag is deur E. Bronkhorst (56*) en Y. Gobinduku (32) gelei.
Vir die besoekers van Vanderbijl het A. Olivier (4/0/22/3) en S. Fouche (1/0/10/1) goed geboul. Vanderbijlpark met S. Fouche (44) en B. Hattingh (42) aan die spits het 155/8 in 20 beute aangeteken, maar F. Matthee (4/0/28/3) en B. Ndimande (2/0/11/3) het Vereeniging se voorsprong mooi verdedig om uiteindelik met 28 lopies te seëvier.


