MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Super-gene in dié bene

MEYERTON. – Daar word beweer dat sportprestasies en gene hand aan hand gaan. In die geval van Meyerton se nuwe naelloopsensasie, Dené Prinsloo, moet daar beslis waarheid hierin steek. Haar ouers Snyman en Mariska  was immers in hulle fleur Springbok-atlete. Haar Pa Snyman het Suid-Afrika in 2006 en 2007 in die 100m en 200m verteenwoordig, …

MEYERTON. – Daar word beweer dat sportprestasies en gene hand aan hand gaan. In die geval van Meyerton se nuwe naelloopsensasie, Dené Prinsloo, moet daar beslis waarheid hierin steek. Haar ouers Snyman en Mariska  was immers in hulle fleur Springbok-atlete.

Haar Pa Snyman het Suid-Afrika in 2006 en 2007 in die 100m en 200m verteenwoordig, terwyl haar ma Mariska (voorheen Meintjies) die Suid-Afrikaanse sewekampkampioen was en in 2010 ook haar Protea-kleure in die 400m-hekkies verwerf het. Dené, ‘n leerling aan die Laerskool Midvaal in Meyerton, het onlangs gewys die appel val nie ver van die boom nie, toe sy as die Gauteng o.10-kampioen in die 80m en 100m gekroon is.

“Dis alles as gevolg van goeie afrigting,” sê haar pa tong-in-die-kies. Maar hy weet dat daar geen plaasvervanger vir goeie gene is nie. Hy en Mariska ploeg tans hulle afrigtingskennis by die Hoërskool Dr. Malan in en is aan beheer van Blue Runnings Track and Field Center. Dene gaan eersdaags aan die Suid-Afrikaanse Laerskole Kampioenskap deelneem en daar word groot dinge van haar verwag. *Vaalweekblad en die Vaaldriehoek gaan haar vordering met ‘n valkoog dophou.

Dené Prinsloo saam met haar ouers Mariska en Snyman en haar jonger boetie Ruben.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button