MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Jaloesie-polisie staan gereed vir dié atleet

MEYERTON. – Beeldskoon, beskeie en bemarkbaar.  Dit is die drie B’s wat Logan Venter beste beskryf. Dié jong hekkies-atleet van die Hoërskool Dr. Malan is Vrydag op die Germiston-stadion tydens die SA Hoërskool Atletiekbyeenkoms as die SA-skolekampioen in die 400m-hekkies vir dogters o.17 gekroon. Geen wonder die skindertonge is los nie. Sy het ‘n reuse-aanslag …

MEYERTON. – Beeldskoon, beskeie en bemarkbaar.  Dit is die drie B’s wat Logan Venter beste beskryf. Dié jong hekkies-atleet van die Hoërskool Dr. Malan is Vrydag op die Germiston-stadion tydens die SA Hoërskool Atletiekbyeenkoms as die SA-skolekampioen in die 400m-hekkies vir dogters o.17 gekroon. Geen wonder die skindertonge is los nie. Sy het ‘n reuse-aanslag van Barbara Jean de Kock (1:00.59) en Germarie Spershot (1:00.68) afgeweer om haar persoonlike beste tyd van 1:00.21 aan te teken.

Sy het boonop 962 tabelpunte vir dié spogsege verdien. Logan het ook vir die Wêreld o.20 Jeug Kampioenskap gekwalifiseer. Sy is tans die vinnigste dogters o.17-atleet in die 400m-hekkies in Suid-Afrika en moontlik die wêreld (tye moet nog bevestig word). Sy het ook goud saam met die Gauteng-aflosspan verower.

Sy word tans deur die voormalige Protea-hekkiesloper en SA Sewekampkampioen Mariska Prinsloo afgerig. Die voormalige SA-naelloper Snyman Prinsloo is haar naelloop en kondisionerings-afrigter. 

Geen wonder dat sy onlangs ‘n borgskap van Puma gekry het. “Ons maak ‘n “mean team” met ons altwee se agtergrond. Ek moet haar (Logan) sterk en fiks kry en Mariska werk aan haar wedloopplan en maak seker dat sy mooi oor die hekkies gaan. Die grote ASA lê nou voor,” het Snyman na sy atleet se spogvertoning gesê. 

Die ASA Kampioenskap vind van 1 tot 2 April in Potchefstroom plaas. 

Logan Venter saam met haar afrigters Snyman en Mariska Prinsloo.

   

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button