MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Ratels maak krieket-geskiedenis

MEYERTON. – Die eerste krieketspan van die Ratels het vroeër vandeesmaand geskiedenis gemaak toe hy as die wenner van die Sedibeng eersteliga gekroon is. Dit is die eerste keer in die klub se bestaan dat hy dit kon vermag. Die Ratels het boonop die seisoen onoorwonne afgesluit om die kampioen Meyerton Krieketklub te ontroon. Die …

MEYERTON. – Die eerste krieketspan van die Ratels het vroeër vandeesmaand geskiedenis gemaak toe hy as die wenner van die Sedibeng eersteliga gekroon is. Dit is die eerste keer in die klub se bestaan dat hy dit kon vermag.
Die Ratels het boonop die seisoen onoorwonne afgesluit om die kampioen Meyerton Krieketklub te ontroon. Die Ratels het 54 punte opgestapel met die Tonner in die tweede plek met 46 punte op die punteleer.

Die Ratels se HJ Warrington was die top kolwer in die liga en het in 7 beurte 355 lopies teen ‘n gemiddeld van 50.71 lopies per beurt aangeteken. Hy het ook in 26 beurte 11 paaltjies laat kantel en 7.23 lopies per beurt afgestaan.
Die Penning-broer, Charl (313 lopies) en Francois (282 lopies) was kort op sy hakke.
Die mantel as top bouler in die eersteliga hang om Vereeniging se Francois Matthee wat in 26 beurte 14 paaltjies plagtetrek het en slegs 150 lopies afgestaan het.
Meyerton se Brandan Nortje was die naasbeste bouler en het ook 14 paaltjies laat kantel en 183 lopies in 25 beurte afgestaan.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button