MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport
Nerwe en hare gaan in Valke-liga waai
VANDERBIJLPARK. – Die loopgrawe is gegrawe en die eerste skote in die Valke se Peregrine-liga gaan die naweek klap. Die Valke-kampioen Vereeniging rugbyklub kom Saterdagmiddag (2 April) om 16:00 op sy tuisveld teen sy aartsvyand Springs te staan. Dié eerstespan-wedstryd gaan ‘n goeie aanduideing gee wie vanjaar die kitaar in die liga gaan tokkel en …
VANDERBIJLPARK. – Die loopgrawe is gegrawe en die eerste skote in die Valke se Peregrine-liga gaan die naweek klap. Die Valke-kampioen Vereeniging rugbyklub kom Saterdagmiddag (2 April) om 16:00 op sy tuisveld teen sy aartsvyand Springs te staan.
Dié eerstespan-wedstryd gaan ‘n goeie aanduideing gee wie vanjaar die kitaar in die liga gaan tokkel en wie gaan kan saamsing. 
Nog ‘n belangrike kragmeting vind ook Saterdagmiddag in Vanderbijlpark om 16:00 plaas, wanneer die eerste rugbyspan van NWU Vaal vir Brakpan die stryd aansê.

Die o.21’s sal verrigtinge om 13:15 afskop.
