MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Destroyer wil The Heat se vlam blus

VANDERBIJLPARK. – Die Meyertonner, Chris van Heerden, ‘n voormalige IBO wêreld  weltergewigkampioen kry op Saterdag 16 April in Manchester, Engeland die geleentheid om weer sy bokstalente op die wêreldverhoog ten toon te stel. ‘The Heat’ soos hy beter bekendstaan kom teen die 25-jarige Conor Ben, seun van die Britse bokslegende Nigel, in die AO Arena …

VANDERBIJLPARK. – Die Meyertonner, Chris van Heerden, ‘n voormalige IBO wêreld  weltergewigkampioen kry op Saterdag 16 April in Manchester, Engeland die geleentheid om weer sy bokstalente op die wêreldverhoog ten toon te stel. ‘The Heat’ soos hy beter bekendstaan kom teen die 25-jarige Conor Ben, seun van die Britse bokslegende Nigel, in die AO Arena te staan.  Ben wat beter as die ‘Destroyer’ bekendstaan, spog met ‘n indrukwekkende vertoningslys.  Hy is in 20 gevegte onoorwonne en word tans as die 12de beste weltergewigbokser in die wêreld  beskou. Die 32-jarige Van Heerden wat tans in Amerika woon is ‘n gesoute linkerhandse bokser wat self met ‘n indrukwekende rekord van  28-2-1 spog.  Hy is onoorwonne in sy laaste vyf gevegte en goed op dreef. Die Brit se WBA Kontinentale Titel is op die spel en sal ‘n groot geelwotel vir die Vaaldriehoeker wees. Van Heerden het laas in Desember 2020 teen Jaron Ennis deur die toue geklim maar ‘n reuse sny na ‘n onskuldige kopstamp het die geveg ongelukkig beënidig. Van Heerden sal sy eie Everest die 16de teen die eenoogige tuisskare en sy teenstander moet uitklim indien hy wil seëvier.  

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button