Vaal se blonde blits maak geskiedenis
VANDERBIJLPARK. – Die gebore en getoë Vaaldriehoeker, Marioné Fourie (19), het vandeesweek op die Germiston Grand Prix Atletiekbyeenkoms die tweede vinnigste vroue 100m-hekkiesatleet in Suid-Afrikaanse atletiek geskedenis geword. Die oud-leerling aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark het haar persoonlike beste tyd van 12.93sek gehardloop. Sy is nie verniet die Suid-Afriaanse senior kampioen nie. Sy sluit …
VANDERBIJLPARK. – Die gebore en getoë Vaaldriehoeker, Marioné Fourie (19), het vandeesweek op die Germiston Grand Prix Atletiekbyeenkoms die tweede vinnigste vroue 100m-hekkiesatleet in Suid-Afrikaanse atletiek geskedenis geword.
Die oud-leerling aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark het haar persoonlike beste tyd van 12.93sek gehardloop. Sy is nie verniet die Suid-Afriaanse senior kampioen nie. Sy sluit haar by ‘n uitgelese groep aan van slegs drie Suid-Afrikaanse vroue-atlete wat al die 100m-hekkies in minder as 13sekondes kon aflê.
Sy het op 12 Maart op die Tuks Atletiek-stadion tydens die 2022 Gauteng Noord Atletiek Kampioenskap met ‘n wind van 2.2m/s van agter ‘n 12.86s gehardloop. Dit is egter nie amptelik erken nie.
Corien Botha het in 1998 in Latvia die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om die 13-sekonde merk te breek. In 2017 het Tukkies se Rikenette Steenkamp dit twee keer reggekry. Haar eerste sub 13-wedloop was in die Tjegiese Republiek toe sy ‘n 12.99s gehardloop het. Sy het later dieselfde jaar in Switserland die Suid-Afrikaanse rekord met ‘n spogtyd van 12.81s opgestel.
