MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Hoekie Onnie behou SA-titel

VANDERBIJLPARK. – Die 26-jarige Alan Cumming, ‘n onderwyser aan die Hoërskool Driehoek, het verlede week op die Groenpunt Stadion in Kaapstad sy droom om sy SA hamergooi-titel te verdedig, bewaarheid. Maar maklik was dit nie. Die Suid-Afrikaanse Senior Nasionale Baan- en Veldkampioenskap het van 21-23 April plaasgevind. Cumming word tans deur die Suid-Afrikaanse hamergooi legende, …

VANDERBIJLPARK. – Die 26-jarige Alan Cumming, ‘n onderwyser aan die Hoërskool Driehoek, het verlede week op die Groenpunt Stadion in Kaapstad sy droom om sy SA hamergooi-titel te verdedig, bewaarheid.
Maar maklik was dit nie. Die Suid-Afrikaanse Senior Nasionale Baan- en Veldkampioenskap het van 21-23 April plaasgevind.
Cumming word tans deur die Suid-Afrikaanse hamergooi legende, Chris Harmse afgerig wat dié item vir byna meer as twee dekades oorheers het. Alan het met ‘n gooi van 70.74m sy SA-titel behou, ondanks sy mede-Vaaldriehoeker, Tshepang Makhete (70.08m) wat in sy nek geblaas het.
“Ek is baie tevrede dat ek my titel kon verdedig, maar ek is nie baie tevrede met die afstand nie. Ek sou graag beter wou doen.”


“Ons het met so ‘n paar goed rondgespeel vanjaar wat ons nie weer sal doen nie. Ons het geleer uit ons foute. Die feit dat Driehoek nou ook ‘n hamergooihok het, maak dit vir my baie makliker om my oefening te doen.”
Daarvoor moet ek dankie sê aan mnr. Ricardo Erasmus en die skool se beheerliggaam wat my ondersteun in my sport en wat hamergooi in die Vaaldriehoek tot hoër hoogtes wil neem,” het Cumming gesê.
Harmse se ander twee atlete, Leandri Geel (goud: 59.70m) en Marga Cumming (silwer: 56.46m) het die afdeling vir vroue oorheers. Alan se sussie, Marga het weens ‘n knie-operasie wat sy twee maande gelede ondergaan het, amper nie deelgeneem nie.
Leandri, Marga en Alan gaan oor twee weke weer in Kaapstad aan die SA Studente Kampioenskap deelneem, waar hulle gaan probeer om vir die Afrika Kampioenskap en Statebond Spele te kwalifiseer.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button