MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Goue-vertoning deur AVT

Ettienne van Rensburg SASOLBURG. – Koning Midas is nie die enigste een wat met ‘n goue aanraking spog nie. Hier in ons eie geledere is daar ‘n uitgelese groep jong dames wat alles wat hulle aanraak in goud laat verander. Die dogters o.18, 4x400m (03:54.36) en 4x800m-aflosspanne (09:23.62) van Atletiek Vaaldriehoek (AVT) het dit bewys …

Ettienne van Rensburg
SASOLBURG. – Koning Midas is nie die enigste een wat met ‘n goue aanraking spog nie.
Hier in ons eie geledere is daar ‘n uitgelese groep jong dames wat alles wat hulle aanraak in goud laat verander.
Die dogters o.18, 4x400m (03:54.36) en 4x800m-aflosspanne (09:23.62) van Atletiek Vaaldriehoek (AVT) het dit bewys tydens die eerste ASA Aflos en Gekombineerde Items Kampioenskap wat die naweek op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg gehou is.
Dié twee spanne het hulle harte uitgehardloop om goud te verwerf. Marli Dimond van die HS Transvalia en Paballo Radebe is die enigste twee atlete wat twee goue medaljes verwerf het.
“AVT is vreeslik trots op ons atlete. Baie dankie dat julle alles ingesit het,” het Tracy Olivier, voorsitter van AVT baan en veld, op AVT se Facebookblad gesê.
AVT het verder drie silwer (d.o/18: 4x100m, s.o/20: 4x400m en Ruan Claassens: tienkamp) en twee bronsmedaljes (d.o/16: 4x100m en Mary-Amy Oosthuizen: sewekamp) verower.

AVT se 4x400m d.o/18-span wat by die ASA Aflos en Gekombineerde Items Kampioenskap gewen het, is van links: Marli Dimond, Paballo Radebe, Chardone Smit en Zandre du Plessis.
AVT se 4x800m d.o/18-span wat by die ASA Aflos en Gekombineerde Items Kampioenskap gewen het, is van links: Paballo Radebe, Marli Dimond, Mieke Smit en Meicala Britz. Foto’s: Lawrence Oosthuizen
Van die Vaaldriehoek atlete in aksie tydens die byeenkoms . Foto’s: Ettienne van Rensburg

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button