V’niging Krieketklub in groot nood
VEREENIGING. – Die Vereeniging Krieketklub (VKK) is ongetwyfeld die suksesvolste klub in die Vaal en dit is waar baie legendes hulle eerste tree gegee het. Joe Viljoen, president van die klub, het die volgende op sosiale media geskryf: “Dis baie vroeg hier in SA, maar ek berei die boodskap voor weens die dringendheid van die …

VEREENIGING. – Die Vereeniging Krieketklub (VKK) is ongetwyfeld die suksesvolste klub in die Vaal en dit is waar baie legendes hulle eerste tree gegee het. Joe Viljoen, president van die klub, het die volgende op sosiale media geskryf:
“Dis baie vroeg hier in SA, maar ek berei die boodskap voor weens die dringendheid van die saak.
“Die Vereeniging Krieketklub is ongetwyfeld die suksesvolste klub van sy soort in die Vaal en dis waar julle ook hier gespeel het en legendes geword het.
“Luister hierna: drie Springbokke, twee SA-spelers, een volwaardige Tranvaal-speler, 27 Plattelandse spelers, insluitend vier kapteins, 21 eerste-liga titels, drie nagliga-wenners en twee Sondagliga-wenners op eie houtjie. Dan ‘n ongehoorde ses SA Plattelandse titels.

“Die klubgebou is omskep met ‘n museum wat die meeste van ons sterre vervat.
Die Emfuleni munisipaliteit het ons nou egter gedwing om alle instandhouding self te doen en die komitee sal ‘n klub handhaaf met ‘n gehalte wat julle ook geniet het. Ons moet ‘n trekker en snyer koop.
“Ons sal self die werk doen, want dit is ons klub. Ek rig dus ‘n pleidooi vir finansiële hulp. Maak asseblief ‘n donasie, hoe klein of groot ook al, asseblief?
“As jy in staat is daartoe, skryf net vir my terug en ek sal bankbesonderhede aanstuur.
“Ons het klaar ons tweede veld verloor weens gebrek aan aandag, maar ons sal hom terugkry.
“Ek smeek julle mense, gee om vir jou klub en help ons. Ek sien uit na jou skrywe. Ons het jou nou krities nodig.”
