MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport
Fotogalery: HTS Sasol vs Overvaal
SASOLBURG. – Die nerwe het vroeër vandeesmaand gewaai toe die HTS Sasolburg en die Hoërskool Overvaal mekaar op die Spanners se velde aangedurf het. Die dag se spel het rugby uit die boonste rakke opgelewer en die hoofwedstryd van die dag het aan alle verwagtinge voldoen. Hoewel die tuisspan tot in die doodsnikke van die …

SASOLBURG. – Die nerwe het vroeër vandeesmaand gewaai toe die HTS Sasolburg en die Hoërskool Overvaal mekaar op die Spanners se velde aangedurf het.
Die dag se spel het rugby uit die boonste rakke opgelewer en die hoofwedstryd van die dag het aan alle verwagtinge voldoen.
Hoewel die tuisspan tot in die doodsnikke van die kragmeting voorgeloop het, het ‘n verdoelde drie laat in die wedstryd die besoekers van Vereeniging net-net met 26-24 laat seëvier.


