MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport
Valia wys Kempies wie’s baas
VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Transvalia het vroeër vanmiddag (14 Mei) gewys wat in hom steek toe op die oewer van die Vaalrivier die Hoërskool Kempton Park met 32-26 geklop het. Dié kragmeting in die Noordvaal-liga is op die Noordwes-Universiteit se velde beslis. Transvalia was uit die blokke soos ‘n resiesperd en …

VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Transvalia het vroeër vanmiddag (14 Mei) gewys wat in hom steek toe op die oewer van die Vaalrivier die Hoërskool Kempton Park met 32-26 geklop het.
Dié kragmeting in die Noordvaal-liga is op die Noordwes-Universiteit se velde beslis. Transvalia was uit die blokke soos ‘n resiesperd en blitsig ‘n voorsprong van 19-0 opgebou. Die Oos-Randers het daarna mooi teruggeveg maar kon nie die knoop deurhaak nie.
Transvalia het verlede naweek in Tzaneen vir Ben Vorster geklop en is goed op dreef.







