MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport

Valia gholfspan kwalifiseer vir SA’s

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se ‘Awesome Foursome’  Martin Papworth, Aiden Leeb, Damian Araujo en Anton van Dam het op 22 Mei geskiedenis gemaak toe hulle gekwalifiseer het vir die SA Hoërskole Gholftoernooi wat van 1 tot 4 Augustus in Port Elizabeth by die Humewood Buiteklub plaasvind. Dié viermanskap het die top gholfskole in die …

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se Awesome Foursome’  Martin Papworth, Aiden Leeb, Damian Araujo en Anton van Dam het op 22 Mei geskiedenis gemaak toe hulle gekwalifiseer het vir die SA Hoërskole Gholftoernooi wat van 1 tot 4 Augustus in Port Elizabeth by die Humewood Buiteklub plaasvind.

Dié viermanskap het die top gholfskole in die Sentraal Gauteng streek soos St Stithians, St Peters, Curro Aurora van Randburg asook BSI (‘n top internasionale gholfskool) uitgestof om te kwalifiseer.

Wat hierdie prestasie so spesiaal maak is dat dit die eerste keer in Transvalia en die Vaaldriehoek se geskiedenis is dat ‘n plaaslike skool vir die nasionale toernooi kon kwalifiseer. Slegs die top twee skole van elke provinsie dring deur.

Anton van Dam, Martin Papworth, Walter Berrington (afrigter), Damian Araujo en Aiden Leeb.

Dit was ‘n spanpoging soos min en hoewel Papworth (69) met die laagste rondte van die die dag gespog het, het Leeb, Araujo en van Dam, meer as hul kant gebring om die knoop deur te haak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button