MotoringPhoto GalleriesSportSportSportSport
Hoekie-onnie Afrika-kampioen
VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoeker Alan Cumming het vandag by die CAA Afrika Kampioenskap in Mauritius die beste vir laaste gelos toe hy met sy laaste gooi as die Afrika-hamergooikampioen gekroon is. Cumming, ‘n onderwyser aan die Hoërskool Driehoek, het sy landsgenoot Tshepang Makhethe,’n gebore en getoë Vaaldriehoeker uitgestof om die kroon te dra. Alan het …
VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoeker Alan Cumming het vandag by die CAA Afrika Kampioenskap in Mauritius die beste vir laaste gelos toe hy met sy laaste gooi as die Afrika-hamergooikampioen gekroon is.

Cumming, ‘n onderwyser aan die Hoërskool Driehoek, het sy landsgenoot Tshepang Makhethe,’n gebore en getoë Vaaldriehoeker uitgestof om die kroon te dra. Alan het met sy laaste poging van 69.13m die titel voor Makhethe, ‘n oud-leering aan die HTS Sasolburg weggeraap. Makhethe het met ‘n gooi van 68.75m die silwermedalje opgeraap.
Cumming word deur Chris Harmse, voormalige Statebond en SA-kampioen afgerig.
