SportSportSportSport
Emmie moker 207* van 91 balle
VANDERBIJLPARK. – Enigeen wat vir Jeanré Barnard ken weet dat hy krieket eet, leef en slaap. Sy harde werk en toewyding tot die spel is vandeesweek beloon toe hy 85 en 207* lopies nie uit nie van 91 aflewerings vir die Laerskool Emfulenipark se o.13-krieketspan gemoker het. Die laerskool Handhawer in Vereeniging se boulaanval was …
VANDERBIJLPARK. – Enigeen wat vir Jeanré Barnard ken weet dat hy krieket eet, leef en slaap.
Sy harde werk en toewyding tot die spel is vandeesweek beloon toe hy 85 en 207* lopies nie uit nie van 91 aflewerings vir die Laerskool Emfulenipark se o.13-krieketspan gemoker het. Die laerskool Handhawer in Vereeniging se boulaanval was aan die ontvangkant van Barnard se spogbeurt toe hy ‘n dubbele honderdtal aangeteken het. Hy het 85 lopies teen die Laerskool Republiek van Meyerton gemoker.
Met die krieketseisoen wat pas afgeskop het, gaan die Vaaldriehoek se krieketliefhebbers genoeg tyd hê om dié jongeling se vordering voor die penne die volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
