Valia se gholfspan wys hulle kan
VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se gholfspan is die agtste beste gholfskool in Suid Afrika. Valia se span bestaande uit Martin Papworth, Anton van Dam, Damian Araujo en Aiden Leeb (kaptein) het vroeër vandeesmaand in Port Elizabeth tydens die SA Hoërskole Kampioenskap op Humewood igewys dat hul teen die beste skole in die land op …

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se gholfspan is die agtste beste gholfskool in Suid Afrika. Valia se span bestaande uit Martin Papworth, Anton van Dam, Damian Araujo en Aiden Leeb (kaptein) het vroeër vandeesmaand in Port Elizabeth tydens die SA Hoërskole Kampioenskap op Humewood igewys dat hul teen die beste skole in die land op die hoogste vlak kan meeding.
Die top 23 skole in die land het aan hierdie prestige toernooi deelgeneem. Die viermanskap van Valia het vir Grey College, Paarl Boys High, St Stithians, St Andrews (Bloemfontein), St Benedicts, St Johns, Maritzburg College, Durbanville, Grey High B, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Pietersburg, Marais Viljoen uitgestof om in die top 8 te eindig. Paul Roos Gimnasium het as algehele wenner uit die stryd getree.

