Vaal se geheime wapen
VANDERBIJLPARK. – Die naam is Fourie… Rico Fourie! In plaas van ‘n Walter PPK pistool soos die Britse geheime agent James Bond, is sy krieketkolf sy aanvalswapen! Die 16-jarige kolfmeester van die Hoërskool Transvalia is beslis ‘n speler om dop te hou nadat hy die laaste ruk sy stem in verskeie reekse en ligas in …
VANDERBIJLPARK. – Die naam is Fourie… Rico Fourie! In plaas van ‘n Walter PPK pistool soos die Britse geheime agent James Bond, is sy krieketkolf sy aanvalswapen!
Die 16-jarige kolfmeester van die Hoërskool Transvalia is beslis ‘n speler om dop te hou nadat hy die laaste ruk sy stem in verskeie reekse en ligas in Johannesburg dik gemaak het.
Hy is pas by die LPL o.17-toernooi as Kolwer van die Reeks gekroon.

Hy het 323 lopies in agt beurte teen ‘n gemiddeld van 40.3 lopies per beurt aangeteken. Hy is ook vroeër vanjaar as die Topkolwer in die Johannesburg o.19-winterliga gekroon.
Hy het 358 lopies teen ‘n gemiddeld van 119 lopies per beurt aangeteken.
Die Renegades Cricket Academy vir wie hy in die liga gespeel het, het uiteindelik ook die winterliga gewen.
