SportSportSportSport

Dokkie-langasems draf almal kaf

MEYERTON. – Die langasems van die Hoërskool Dr. Malan is die Vaaldriehoek landloopliga-kampioen vir 2022. Dit volg na ‘n spog individuele en spanvertoning deur die Dokkies. Dokkies se junior seuns het veral goed presteer met al drie die top podiumplekke (Seth Nienaber, Adriaan Bekker en Wynand de Goede) wat deur Dokkie-atlete beklee is. Die junior …

MEYERTON. – Die langasems van die Hoërskool Dr. Malan is die Vaaldriehoek landloopliga-kampioen vir 2022.
Dit volg na ‘n spog individuele en spanvertoning deur die Dokkies.
Dokkies se junior seuns het veral goed presteer met al drie die top podiumplekke (Seth Nienaber, Adriaan Bekker en Wynand de Goede) wat deur Dokkie-atlete beklee is.
Die junior meisies-afdeling is deur Minjunet Smit van Dokkies gewen, gevolg deur Lana Dekker van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark. Transvalia het sodoende ook die junior dogters-afdeling gewen. Die Dokkies se junior en senior seuns was ook tops.
Dokkies se Mieke Smit het ook in die senior dogters-afdeling die septer geswaai en verseker dat die Meyertonners in spanverband ook seëvier.
Die Dokkies het ook die algehele afdeling vir dogters en seuns gewen.
Die top senior seuns-atleet was Kamogelo Thipe van Gimmies.
Die Dokkies spog verder met 17 atlete wat gekwalifiseer het om aan die Gauteng Kampioenskap deel te neem.

Die Hoërskool Dr. Malan se landloopspan is die algehele wenner van die 2022 Vaaldriehoek Hoërskole landloopliga.
Dokkies se senior seunsspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button