SportSportSportSport

Anker se rugbymanne hul gewig in goud werd

VANDERBIJLPARK. – Die Ankerskool het onlangs weer bewys dat sy rugby tops is. Die skool se rugbyspelers, afrigters en administrateurs se vernuf en vaardighede is onlangs op verskeie vlakke erken en beloon. Die skool spog onder meer met twee spelers Jaco Pretorius en Dylan Wytrykowski wat vir die SA LSEN-span gekies is. Quentin Hurter en …

VANDERBIJLPARK. – Die Ankerskool het onlangs weer bewys dat sy rugby tops is. Die skool se rugbyspelers, afrigters en administrateurs se vernuf en vaardighede is onlangs op verskeie vlakke erken en beloon.

Die skool spog onder meer met twee spelers Jaco Pretorius en Dylan Wytrykowski wat vir die SA LSEN-span gekies is. Quentin Hurter en Andre Snyman is onderskeidelik as afrigter van SA LSEN-span en onder-voorsitter van die SA LSEN gekies.

‘n Verdere vier spelers (Keketso Kekana, Tsebo Maduna, Jaco Jordaan, Tshepo Kutoane, Johan Naude, Jaco Pretorius, Dylan Wytrykowski) is vir die Valkse LSEN-span gekies. Die Ankerskool is ook goed verteenwoordig op die Valke LSEN se Cravenweek bestuur met Quentin Hurter (hoof-afrigter), Andre Snyman (voorsitter), Tiaan Kellerman (hulp-afrigter) en Aldrich Fivaz (spanbestuurder) wat leiding gegee het.

Quentin Hurter (SA LSEN-afrigter), Andre Snyman (onder-voorsitter: SA LSEN).
Die Ankerskool se SA LSEN-spelers: Jaco Pretorius en Dylan Wytrykowski.
Die Ankerskool se rugbyspelers wat die Valke LSEN-span gehaal het, is van links: Keketso Kekana, Tsebo Maduna, Jaco Jordaan, Tshepo Kutoane, Johan Naude, Jaco Pretorius en Dylan Wytrykowski.
Die Ankerskool se afrigters en administrateurs wat vir Valke LSEN-span gekies is, is van links: Quentin Hurter (hoof-afrigter), Andre Snyman (voorsitter), Tiaan Kellerman (hulp -afrigter) en Aldrich Fivaz ( spanbestuurder).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button