SportSportSportSport
Harde werk beloon
VEREENIGING. – Harde werk word altyd beloon. Op Vrydag 16 September was dit die Vereeniging Rugbyklub se beurt om sy spelers vir die 2022-seisoen te beloon. Die Vereeniging Hokkieklub wat vanjaar by die rugbyklub aangesluit het, het ook hulle prysuitdeling funksie gehou. Die glansaand wat by sy tuiste die Phoenix High School gehou is, het …

VEREENIGING. – Harde werk word altyd beloon. Op Vrydag 16 September was dit die Vereeniging Rugbyklub se beurt om sy spelers vir die 2022-seisoen te beloon. Die Vereeniging Hokkieklub wat vanjaar by die rugbyklub aangesluit het, het ook hulle prysuitdeling funksie gehou. Die glansaand wat by sy tuiste die Phoenix High School gehou is, het verskeie hoogtepunte opgelewer.
Die klimaks van die aand was toe ‘n oorstelpte Johannes van Deventer as die Algehele Klubspeler van die Jaar aangewys is. Die top toekennings tydens die prysuitdeling uitgedeel is, is: Non-VRC Member van die Jaar – Hettie Potgieter, Meeste Vordering – DC Du Plessis, Junior Player’s Player vd Jaar – Michael Searle, Senior Player’s Player vd Jaar – Hendrik Smith, Span vd Jaar – 2de Span, Afrigter vd Jaar – Schalk Snyman, Klubman vd Jaar – Kriek Sales, U21 Voorspeler vd Jaar – Edward McKenzie, o.21 Agterspeler vd Jaar – Thys Visser, 2des Voorspeler vd Jaar – Arno Buchholz, 2des Agterspeler vd Jaar – Lenrich van Vuuren, 1stes Voorspeler vd Jaar – Dawie Daffue, 1stes Agterspeler vd Jaar – Kyle Hendrikz, Voorsitters Toekenning – Hendrik Smith, o/21 Algehele Speler vd Jaar – Michael Searle,
2des Algehele Speler vd Jaar – Emile Nagel, 1stes Algehele Speler vd Jaar – Junius Deysel en Algehele Klub Speler vd Jaar – Johannes v Deventer.

















At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
