Fezile Dabi o.16’s onoorwonne by Vrystaat Platteland
SASOLBURG. – Die HTS Sasolburg het die afgelope naweek die Vrystaat Platteland Proewetoernooi met onderskeiding aangebied. Die Fezie Dabi distrik se o.16 en o.19-spanne was hier in aksie gewees. Fezile Dabi (FD) o.19 en o.16’s het Vrydag die toernooi met goeie seges ondetrskeidelik met 19 lopies en 39 lopies oor Vrystaat Hub afgeskop. Saterdag 24 …

SASOLBURG. – Die HTS Sasolburg het die afgelope naweek die Vrystaat Platteland Proewetoernooi met onderskeiding aangebied. Die Fezie Dabi distrik se o.16 en o.19-spanne was hier in aksie gewees.
Fezile Dabi (FD) o.19 en o.16’s het Vrydag die toernooi met goeie seges ondetrskeidelik met 19 lopies en 39 lopies oor Vrystaat Hub afgeskop.
Saterdag 24 Septmber het die twee plaaslike spanne voortgebou op hulle sege. Die o.16’s het TBM se o.16’s met 31 lopies geklop en die o.19’s het ook teen TBM se o.19’s met 67 lopies geseëvier. Sondag 25 September die menere Duckworth en Lewis die laaste sê gehad toe FD met 31 lopies die onderspit teen Lejweleputswa gedelf.
FD se o.16-ysters het die toernooi onoorwonne geëindig toe by TBM met 156 lopies gelooi het.


