Drie uit drie vir Valke
VEREENIGING. – Die Valke Amateurspan het die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit deur al drie sy wedstryde te wen. Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) het ‘n groot aandeel in die Valke se sukses gehad met ses spelers en die agterlynafrigter wat van VRK afkomstig is. Die Skarlakenrooies se amateurspan het sy eweknie, die Pumas met 46-31, …
VEREENIGING. – Die Valke Amateurspan het die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit deur al drie sy wedstryde te wen.
Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) het ‘n groot aandeel in die Valke se sukses gehad met ses spelers en die agterlynafrigter wat van VRK afkomstig is. Die Skarlakenrooies se amateurspan het sy eweknie, die Pumas met 46-31, die Bulls met 52-10 en Lions met 41-30 geklop.
In al drie kragmetings is een van VRK se spelers as die Speler van die Wedstryd gekroon. Wian Koekemoer het twee keer die mantel as Speler van die Wedstryd gedra en Dawie Daffue een keer. Hendik Smith het die Valke teen die Bulls as kaptein op die veld gelei en Schalk Snyman was die span se agterlyn-afrigter.
