SportSportSportSport

Tabelpunte spat by AVT-byeenkoms

SASOLBURG. – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) het Saterdag (8 Oktober) sy eerste klubliga-byeenkoms in versengende hitte op die DP de Villiers-stadion aangebied. Dié voorseisoen-byeenkoms is ‘n uitstekende geleentheid vir atlete wat vir die komende atletiekseisoen wil voorberei, of ‘n terugkeer na ‘n besering wil maak. Hoewel die byeenkomste deur meeste atlete as ‘n litlosmaker aangewend word, …

SASOLBURG. – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) het Saterdag (8 Oktober) sy eerste klubliga-byeenkoms in versengende hitte op die DP de Villiers-stadion aangebied.
Dié voorseisoen-byeenkoms is ‘n uitstekende geleentheid vir atlete wat vir die komende atletiekseisoen wil voorberei, of ‘n terugkeer na ‘n besering wil maak.
Hoewel die byeenkomste deur meeste atlete as ‘n litlosmaker aangewend word, het dit nie ‘n demper op die gehalte van atletiek geplaas nie. Sowat 12 atlete het meer 800 tabelpunte verdien.
Die top enkelprestasie van die dag is deur Elme Cronje opgedis.
Sy het 1 000 tabelpunte verdien nadat sy die 60m vir d.o/9 in ‘n spogtyd van 09.93s afgeblits het.
Brandon Mathews van Transvalia Atletiekklub het die 1.5kg diskus in die afdeling vir seuns o.15, 50.23m ver geslinger om 871 tabelpunte te verdien. Dit was die naasbeste prestasie van die dag.
– Vir die volledige uitslae besoek Atletiek Vaaldriehoek se Facebookblad.

Aksie tydens AVT se eerste klubliga-kampioenskap wat Saterdag 8 Oktober op die Isak Steyl-stadion plaasgevind het. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button