SportSportSportSport
Rico ry die krieketgolf
VANDERBIJLPARK. – Rico Fourie van die Hoërskool Transvalia is vir die Gauteng 0/17-krieketspan gekies nadat hy die wêreld aan die brand gespeel het tydens die Gauteng Proewe wat van 7 tot 9 Oktober by St. Stithians in Johannesburg aangebied is. Hy is nie net die voorste lopiemaker in die Sedibeng-liga vir eerste spanne nie, hy …
VANDERBIJLPARK. – Rico Fourie van die Hoërskool Transvalia is vir die Gauteng 0/17-krieketspan gekies nadat hy die wêreld aan die brand gespeel het tydens die Gauteng Proewe wat van 7 tot 9 Oktober by St. Stithians in Johannesburg aangebied is.
Hy is nie net die voorste lopiemaker in die Sedibeng-liga vir eerste spanne nie, hy was ook die voorste lopievraat by die proewe.
Dié jong kolfmaestro het ook teen die voorlopige Gauteng o.19-span sy staal gewys toe hy in drie beurte onderskeidelik 42, 72 en 57 lopies aangeteken het. Hy gaan in Desember Gauteng by die o.17-streekstoernooi verteenwoordig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
