SportSportSportSport

Massyn slag Pietersburg af

VANDERBIJLPARK. – Dit was so amper of die reëngode het vandag die eerste krieketspan van die HS Transvalia van ‘n spogsege beroof. Tranvalia het Pietersburg met 170 lopies in die Noordvaalliga geklop danksy ‘n spogbeurt deur Lamorgane Massyn wat 121 lopies gemoker het en twee paaltjies laat kantel het. Transvalia was vroeg in die knyp …

VANDERBIJLPARK. – Dit was so amper of die reëngode het vandag die eerste krieketspan van die HS Transvalia van ‘n spogsege beroof.

Tranvalia het Pietersburg met 170 lopies in die Noordvaalliga geklop danksy ‘n spogbeurt deur Lamorgane Massyn wat 121 lopies gemoker het en twee paaltjies laat kantel het.

Transvalia was vroeg in die knyp toe sy toporde vir kleingeld uitgeboul is. Met die telling op 25/4 het Massyn homself voor die penne gaan anker en die tuisspan se kolfbeurt gestabiliseer.

Transvalia het uiteindelik 242/10 in 36.4 beurte aangeteken teen ‘n tempo van 6.6 lopies per beurt.

Die seile is vroeg in Pietersburg se beurt oor die kolfblad getrek toe ‘n reënbui uitgesak het, maar daar was egter geen rede om menere Duckworth en Lewis se formule te gebruik nie.

Krieket-aksie tydens die eerste krieketspanne van die HS Pietersburg en Transvalia wat mekaar vandag in Vanderbijlpark die stryd aangesê het. Foto: Ettienne van Rensburg

Valia het die besoekers vir 72/10 in die 20ste beurt uitgeknikker om ‘n wegholoorwinning te verseker. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button