SportSportSportSport

Drie SA-titels vir Xanté

MEYERTON. – Voorwaarts, mars! Wanneer die 11-jarige Xanté Harris, die Vaal se eie Zola Budd vir ‘n wedloop aantree, moet jy weet hierdie jong langasem gaan nie krygsgevangenes neem nie. Dis oorlog! Sy ken net een pad en dit is die wenpad. Die leerling aan die Laerskool Voorwaarts is vanjaar onoorwonne en spog met drie …

MEYERTON. – Voorwaarts, mars!
Wanneer die 11-jarige Xanté Harris, die Vaal se eie Zola Budd vir ‘n wedloop aantree, moet jy weet hierdie jong langasem gaan nie krygsgevangenes neem nie.

Dis oorlog! Sy ken net een pad en dit is die wenpad.
Die leerling aan die Laerskool Voorwaarts is vanjaar onoorwonne en spog met drie SA-titels én ‘n Gauteng-rekord.
Xanté word deur haar afrigter, Carien Scott beskryf as die hardwerkendste en vrolikste atleet wat sy tot nog toe afgerig het.

Sy is die SA-kampioen in die 1 200m (Gauteng-rekord 3:52:66), die ASA- en SA Landloopkampioen in haar ouderdomsgroep.
Van skouer aan die wiel sit kan jy haar niks leer nie.
Of sy nou kaalvoet met pleisters of met hardloopskoene hardloop, sy werp haar hele wese in die stryd.
“Sy doen alles 100%. Sy leef haar talent voluit uit. Sy doen alles getrou, van opwarming, strekke tot afkoeling. Wat haar so spesiaal maak, is dat sy van baan en landloop hou.

Xanté en haar afrigter, Carien Scott, spog met ‘n baie spesiale band en verhouding.

Min atlete presteer in albei. Haar ywer is aansteeklik en sy neem graag leiding in haar groep. Sy gebruik haar talent tot eer van die Here,” gee haar afrigter te kenne.
“Alles wat ek doen, doen ek net die beste. Die Here het my die talent gegee wat ek tot sy eer gebruik,” sê Xante. Haar ma Belinda was ook ‘n goeie middelafstand-atleet op skool en is nie verniet haar rolmodel en grootste ondersteuner nie.

Wanneer Xanté nie oefen of met padwerk besig is nie, ruim sy tyd in om met haar honde te speel, te swem of net en tyd saam met haar ma te spandeer.
Hoewel sy nou lekker uitrus gaan sy begin 2023 weer met mening inspring. Onthou gerus haar naam want sy is bestem vir faam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button