SportSportSportSport

Niel en Charl kook met die kolf

SEDIBENG. – Niel Erasmus en Charl Penning het die naweek in die plaaslike klubliga vir eerste spanne die wêreld aan die brand gekolf. Die Ratels en Vereeniging Krieketklub het mekaar Saterdag in Meyerton aangedurf. Die Ratels het danksy ‘n skitterende honderdtal deur Niel Erasmus (122) 246/8 in 35 beurte aangeteken. HJ Warrington (37) en Drikus Janse …

SEDIBENG. – Niel Erasmus en Charl Penning het die naweek in die plaaslike klubliga vir eerste spanne die wêreld aan die brand gekolf.

Die Ratels en Vereeniging Krieketklub het mekaar Saterdag in Meyerton aangedurf. Die Ratels het danksy ‘n skitterende honderdtal deur Niel Erasmus (122) 246/8 in 35 beurte aangeteken. HJ Warrington (37) en Drikus Janse van Vuuren (23) het ook dubbelsyfers behaal. Vereeniging se boulers met Francois Mathee (5/30) en Jacques Moss (3/37) aan die spits het lopietempo ingeperk.

Vereeniging is daarna vir 127 lopies in 26 beurt uitgeboul danksy goeie boulwerk deur Shawn-Dean du Plessis (4/22) en Drean van der Bank (2/21) wat ‘n sege met 119 lopies aan die Ratels besorg het.

Hoewel die kragmeting tussen Sasol en Roshnee het uitgereen het, het Meyerton vir Route 66 oortuigend met ses paaltjies geklop.  Route 66 het 200 lopies aangeteken waarna Meyerton met Charl Penning (76*) en Ruan van Rensburg (55*) aan die voorpunt  205/4 aangeteken het vir die oorwinning. Die boulvertoning van Meyerton se Dewald Erasmus (6/17) was deurslaggewend.

Kontak! Niel Erasmus, bobaaskolwer van Driehoek se eerste krieketspan, lê die langsteel in.
Niel Erasmus in aksie. Argieffoto: Ettienne van Rensburg 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button