Kwik styg by AVT-byeenkoms
SASOLBURG. – Aidan Erasmus van die HS Menlopark het Saterdag tydens die vyfde klubbyeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek ‘n ontsagwekkende vertoning gelewer. Die jong Pretorianer het in die gewigstoot en diskus vir seuns o.16 altesaam 1 997 tabelpunte opgestapel. Hy het die gewigstoot met ‘n reusepoging van 20.35m gewen om 1 000 punte te verdien. Hy …
SASOLBURG. – Aidan Erasmus van die HS Menlopark het Saterdag tydens die vyfde klubbyeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek ‘n ontsagwekkende vertoning gelewer.
Die jong Pretorianer het in die gewigstoot en diskus vir seuns o.16 altesaam 1 997 tabelpunte opgestapel. Hy het die gewigstoot met ‘n reusepoging van 20.35m gewen om 1 000 punte te verdien. Hy het dit opgevolg met 997 punte in die diskus met ‘n puik gooi van 60.34m om ‘n tweede plek aan hom te besorg.
Dié item is net-net deur Tiaan Brits van Nedbank Atletiekklub gewen met ‘n puik poging van 60.60m wat ‘n 1 000 tabelpunte aan hom besorg het. Op die baan het Abelwe Ndubeze, ‘n jong naelloper van I have Talent Sports Academy (IHT) die wêreld aan die brand gehardloop.
Sy het die 100 m vir d.o/13 in 12.56s afgeblits om 935 punte in te palm. Om dié prestasie in perspektief te plaas moet mens in ag neem dat die o.16-wedloop vir dogters in 12.39’s gewen is.
Ndubeze het ook die 200m in 25.88s gewen om 928 punte te verdien. Astrid Fourie van Vereeniging Gimnasium wat in die kleure van Nedbank Atletiekklub deelgeneem het, het ook haar staal gewys. Sy het in haar twee items (100: 12.39s en 200m: 25:70s) onderskeidelik 876 en 868 tabelpunte verdien.
Die Vaaldriehoek en Suid-Afrika se driesprong kroonprins, Ethan Olivier, van die HS Overvaal in Vereeniging het die driesprong vir seuns o.18 met ‘n reuse-sprong van 15.97m gewen. Sy naaste teenstander het 12.63m gespring.
Ethan het ook die verspring met ‘n goeie sprong van 7.17m gewen.
Die topprestasies by die vyfde AVT klubbyeenkoms is: (in volgorde: naam, klub, item, ouderdomsgroep, tyd/afstand en punte): Abelwe Ndubeze (IHT) 100m d.o/13 12.56s, 935 punte; Astrid Fourie (NED) 100m do./16, 12.39s, 876 punte; Michael Redelinghuys (TAC) hoogspring s.o/13, 1.65m, 840 punte; Abelwe Ndubeze (IHT) 200m d.o/13, 25.88s, 928 punte; Aiden Erasmus (Menlo) gewigstoot s.o/16, 20.35m, 1 000 punte; Leo van Wyk (Menlo) 17.14 m, 911 punte; Dillene Gouws (TAC) gewigstoot d.o/11, 10.64m, 897 punte; Mioné Frisby (NED) gewigstoot d.o/13, 11.73m ,904 punte; Tiaan Brits (NED) diskus s.o/16, 60.60m, 1 000 punte; Aidan Erasmus (Menlo) 60.34m, 997 punte; Astrid Fourie (NED) d.o/16, 200m, 868 punte; Emma de Clerq (TAC) d.o/6, 600m, 2:04.20, 921 punte; Mieke van Zyl (HPMID) d.o/11, 70m-hekkies 920 punte; Jaylin van Dyk (TAC) hamergooi, d.o/16, 54.30m, 953 punte. || erAVT5 || Abelwe Ndubeze (IHT) 100m d.o/13 12.56s, 935 punte

