SportSportSportSport

84-jarige verbeter SA-rekord

SASOLBURG. – Op 84-jarige ouderdom is meeste sterflinge se belangrik- ste besluit van die dag hoe laat middagtee bedien gaan word. Hans Miekautsch (84) van Kempton Park is egter ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit het hy Saterdag 12 November op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg bewys toe hy sy eie SA-driesprongrekord vir …

SASOLBURG. – Op 84-jarige ouderdom is meeste sterflinge se belangrik-
ste besluit van die dag hoe laat middagtee bedien gaan word.

Hans Miekautsch (84) van Kempton Park is egter ‘n perd van
‘n ander kleur.

Dit het hy Saterdag 12 November op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg bewys toe hy sy eie SA-driesprongrekord vir 80 tot 84-jariges tydens Atletiek Vaaldrie hoek se vyfde klubbyeenkoms verbeter het. Dit alles voor aandete.

En moenie dink dat iemand hom aangery het nie. Hy is sy eie chauffeur. Hoewel die deurwinterde Oostenryker na sy rekordsprong van 7.01m geglimlag het, was hy steeds bietjie ontevrede met sy afstand.

Hy het immers ‘n week vantevore in Secunda sy SA-rekord met 60cm verbeter, maar die af-
wesigheid van ‘n windmeter het beteken dat dit nie amptelik erken gaan word nie.

 

“Daar is geen geheim nie. Ek is geseënd om op 84-jarige ouderdom deel te neem. Ek oefen vier tot vyf keer ‘n week in die gimnasium om fiks te bly,” vertel die op en wakker oupatjie met ‘n bree glimlag en ‘n vonkel in sy oë.

Hy woon nou 52 jaar in Suid-Afrika en het voor sy aftrede as meganiese ingenieur vir Anglo en Goldfields op die myn gewerk.

Hy is voorts ‘n voormalige tweemalige wêreld hoogspringkampioen in sy ouderdomsgroep en het al verskeie kere sy staal in die tienkamp gewys.

Oor ses weke vier Hans sy 85ste verjaardag, maar hyis nog lank nie klaar met sy ‘bucketlist’ nie. Hy is vuur en vlam dat hy aanstaande jaar in Pole by die binnemuurse kampioenskap in twee of meer items as die wêreldkam- pioen gekroon gaan word.

Hy het Saterdag die verbeelding van oud en jong aangegryp ensommer diep in die  toeskouers se hartegekruip. Sy veldtog aanstaande jaar
in Europa sal met groot bewondering en belangstelling dopgehou word.

Die 84-jarige Hans Miekautsch pyl soos ‘n vlakhaas op die verspringput af. Hy het Saterdag sy eie SA-driespringrekord met ‘n sprong van 7.01m op die DP de Villiers-stadion verbeter. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button