SportSportSportSport

Kolwe klap in Sedibeng eerste-liga

MEYERTON. – Die eerste krieketspan van die Ratels met Niel Erasmus aan die spits, het Saterdag 19 November ‘n spogvertoning op die Laerskool Midvaal se velde gelewer om Meyerton met 26 lopies in die Sedibeng eerste-liga te klop. Meyerton het die loot gewen en die Ratels eerste ingestuur om te kolf. Hoewel die tonners met …

MEYERTON. – Die eerste krieketspan van die Ratels met Niel Erasmus aan die spits, het Saterdag 19 November ‘n spogvertoning op die Laerskool Midvaal se velde gelewer om Meyerton met 26 lopies in die Sedibeng eerste-liga te klop.
Meyerton het die loot gewen en die Ratels eerste ingestuur om te kolf. Hoewel die tonners met boulers Denicho Visser (3/26) en Brandon Nortje (3/25) goed gedoen het om die Ratels in die 33ste beurt vir 184 uit te boul, het die Ratels se aanvangskolwer, Niel Erasmus (61 van 42 balle) en die veelsydige Drikus Janse van Vuuren, die grondslag vir die wenspan se oorwinning gelê.
Die ander wilgerlatswaaiers wat welkome dubbelsyfers behaal het, was Janse van Vuuren (26) en Wilhelm Swanepoel (26). Drikus (21/3) het ook met die bal uitgeblink om die toekenning as Speler van die Wedstryd aan hom te besorg.


Meyerton het ook ‘n goeie begin beleef met goeie kolfwerk deur Phillip van Eck (36), Shaun Chrstie (21) en Johan Wessels (40), maar die Ratels met Janse van Vuuren, Jaydin Louw (2/24) en Shaun du Plessis (2/43) aan die spits het met gedissiplineerde boulwerk die teiken goed beskerm.
Vereeniging Krieketklub het Saterdag op sy beurt vir Roshnee met vier paaltjies in ‘n kragmeting geklop wat nie as ‘n lopiesfees onthou sal word nie.
Roshnee het 83/10 in 24 beurte aangete-ken, waarna Vereeniging die wenlopies in die 22ste beurt met 4 paaltjies in die bank aangeteken het.
Parys het Old Vaal met 14 lopies geklop. Parys het 165/6 aangeteken, waarna Old Vaal tot 151/8 in 20 beurte beperk is.
In nog ‘n plaaslike kragmeting het Route 66 vir Vanderbijlpark Krieketklub met twee paaltjies geklop.
Die Bijlaers het 173/6 in 35 beurte aangeteken danksy goeie kolfwerk deur Marius Stevens (56), Franco Breed (28) en Andre Olivier (31*). Maar Route 66 se Harold Jacobs (7-39-2-0) en Hannes Steyn (3.-11-2-1) het gesorg dat die lopietempo en teiken nie handuit ruk nie.
Daarna het Route 66 voor die penne stelling ingeneem en hoewel Marcel Basson (6-27-3-0) en Andre Olivier (7-43-2-0) mooi wal gegooi het, het Morne Erasmus (63), Harold Jacobs (52) en Danie Hattingh (17*) hul span tot ‘n oorwinning gelei.

‘n Bouler van Meyerton stuur ‘n aflewering af in sy span se wedstryd teen die Ratels. Foto’s: Ettienne van Rensburg

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button