SportSportSportSport

Rhinos wil diep spore trap

VANDERBIJLPARK. – ‘n Lewensavontuur lê vir die Rhinoweek-spanne voor wat later vandeesweek vir ‘n rugbytoer na Skotland en Ierland vertrek. Die petoorhandiging-seremonie het die naweek in Vanderbijlpark by die VUT Isak Steyl-stadion plaasgevind. Die o.13’s se seremonie was Vrydagsaand eerste aan die beurt, waarna die o.17’s en o.18’s onderskeidelik Saterdag en Sondag hulle pette en …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Lewensavontuur lê vir die Rhinoweek-spanne voor wat later vandeesweek vir ‘n rugbytoer na Skotland en Ierland vertrek.
Die petoorhandiging-seremonie het die naweek in Vanderbijlpark by die VUT Isak Steyl-stadion plaasgevind.

Die o.13’s se seremonie was Vrydagsaand eerste aan die beurt, waarna die o.17’s en o.18’s onderskeidelik Saterdag en Sondag hulle pette en uitrustings vir die toer ontvang het.
Die spanne is saamgestel uit die beste spelers van regoor die land wat tydens die winterskoolvakansie aan die onderskeie Rhinoweke in Vanderbijlpark deelgeneem het.

Daar is ook ‘n paar bekende gesigte van die Vaaldriehoek wat die onderskeie spanne gehaal het.
Die spanne het die naweek ook die geleentheid gekry om vir die eerste keer voor hul vetrek na Europa saam te oefen.

Die o.18 Rhino-span wat in Ierland gaan toer is voor van links: Morne Hanekom (afrigter), Divan Myburgh (k), Martin van Wyngaardt, Dries van Heerden, Divan Venter (o/k) en John-Leonard Kruger (afrigter). Middel: Xander Potgieter, Rynhardt Koekemoer, Tristan Hagins, P.J. Potgieter, Alex van Wyk, Christopher Buitendag en Lyle Johst. Agter: Hercu du Plessis, Wikus Coetzee, Liam Jacobs, Ethan Hough, Marnus Bekker, Hano Botha, Luke Roos, Naude Erasmus en Ruan Brink.

Dries van Heerden, die vader van die Rhinoweke, en sy vennote Martin en Cathy van Wyngaardt het die afgelope paar maande rondgeskarrel om al die reis en logistieke reëlings te tref.
Hoewel vlugkaartjies en verblyf die afgelope paar maande amper verdubbel het, het Rhinoweek se bestuur ‘n haas uit die hoed gepluk om te verseker dat die toer voortgaan.

Weens toenemende finansiële druk wêreldwyd gaan oorsese rugbytoere soos hierdie waarskynlik binnekort uitsterf. Dit besef die spelers, ouers en afrigters terdeë.

Die Rhinoweek se o.17-toerspan maak Saterdag op die VUT Isak Steyl-stadion litte los. Die span vertrek eersdaags na Skotland vir ‘n rugbytoer. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button