SportSportSportSport

Oud-Valie se droom kry vlerke

VANDERBIJLPARK. – Die oud-Vaaldriehoeker Lizette Janse van Rensburg, mag miskien nie meer in die Vaaldriehoek woon nie, maar haar hart sal altyd ‘n punt hierheen trek. Dit verkondig sy met ‘n groot glimlag. Lizette wat geen bekendstelling in die fiksheidsbedryf of Vaaldriehoek verlang nie, het onlangs in Birmingham in Engeland tydens die PCA Wêreldkampioenskap haar …

VANDERBIJLPARK. – Die oud-Vaaldriehoeker Lizette Janse van Rensburg, mag miskien nie meer in die Vaaldriehoek woon nie, maar haar hart sal altyd ‘n punt hierheen trek.

Dit verkondig sy met ‘n groot glimlag. Lizette wat geen bekendstelling in die fiksheidsbedryf of Vaaldriehoek verlang nie, het onlangs in Birmingham in Engeland tydens die PCA Wêreldkampioenskap haar droom om internasionaal deel te neem verwesenlik.

Sy het teen van die wêreld se top atlete deelgeneem en onder die top tien geeindig. Sy word deur haar lewensmaat, John “The Terminator” Leslie, afgerig. John is ‘n tweemalige Mr. Universe-kampioen en is 10 keer in indrukwekkende loopbaan as die Suid-Afrikaanse kampioen gekroon.

Lizette het bloed gesweet maar sou nie sonder die hulp vanuit die Vaal (Star Bright Chemicals, Rosure Insurance Brokers en Vaal Auto Craft) haar droom vlerke kon gegee het nie.

Lizette Janse van Rensburg
John Leslie

 

 

 

PCA

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button