SportSportSportSport

Anton wil voortbou op 2022 se sukses

VANDERBIJLPARK. – Die jaar 2022 is ‘n jaar wat Anton van Dam jnr. (17) vir altyd sal onthou. Die belowende jong gholfspeler aan die Hoërskool Transvalia kan net goeie herinneringe met hom saamneem wanneer hy 2023 betree. Die jong Valie en sy spanmaat Wihandré Kruger (15) neem tans aan die nasionale seuns toernooi (National Order …

VANDERBIJLPARK. – Die jaar 2022 is ‘n jaar wat Anton van Dam jnr. (17) vir altyd sal onthou.

Die belowende jong gholfspeler aan die Hoërskool Transvalia kan net goeie herinneringe met hom saamneem wanneer hy 2023 betree.

Anton van Dam jnr.

Die jong Valie en sy spanmaat Wihandré Kruger (15) neem tans aan die nasionale seuns toernooi (National Order of Merit) vir o.19’s op die gesogte Selborne Gholf Landgoed in KwaZulu-Natal deel.

Die HS Transvalia in Vanderbijlpark se gholfspan nadat hy die Super 16-reeks gewen het.

Maar kom ons draai die klok bietjie terug. Die tweemanskap se sterte sal in die lug wees nadat hulle verlede jaar gesorg het dat Transvalia se gholfspan vir die sewende opeenvolgende jaar die Vaaldriehoek-liga gewen het. Hulle was ook deel van die span wat die Super 16-reeks gewen het en was ook deel van die span wat agtste tydens die SA Hoërskole-toernooi in Port Elizabeth geëindig het.

Anton het ook die Vrystaat span gehaal en sy spel op die Solborne Gholf Landgoed gaan met belangstelling gevolg word.

Vaalweekblad en die hele Vaaldriehoek wens hom en Wihandré alle sterkte toe!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button